BC Wines en Quénets Jag en Hengel bied aan:
Grootste Karp Hengel Kompetisie te Draaivlei Dam

Wanneer: 26 November 2016
Waar: Brandvlei Kelder ( Draaivlei Dam) , Doornrivier Worcester
Tyd: 05:00 – 12:00 (Inweeg vind gedurende die kompetisie plaas met die grootste visse wat na die kelder geneem sal word vir finale weging)
Prysuitdeling: 13:00
Inskrywings fooi: R100 per persoon (2 stokke)
Pryse: Kontant Pryse

Reëls:
- Inskrywings is oop vanaf 1 Oktober tot 23 November 2016. DAAR IS SLEGS PLEK VIR 150 INSKRYWINGS (“first come first serve”)
- Die kompetisie werk op ‘n “catch and release” basis en wenner sal bepaal word volgens die swaarste vis.
- Die beoordelaars se beslissing is finaal en nie-onderhandelbaar
- Brandvlei Kelder aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige beserings en/of skade aan eiendom gedurende die kompetisie op 26 November 2016 nie.
- Veiligheid is vir ons ‘n groot prioriteit gedurende hierdie dag, wees dus asseblief versigtig rondom die dam. Beweeg asseblief tussen die afgebakende areas. Geen bote word op die dam toegelaat nie en geen persone sal ook in die water toegelaat word nie. Persone wat buite die beperkte paaie ry en of enige rommel strooi sal onmiddellik gediskwalifiseer word.
- Geen vure mag langs die dam gemaak word nie.
- Slegs twee visstokke sal toegelaat, tensy vir ekstra betaal word.
- Dit is elke persoon se eie verantwoordelikheid om vis te laat weeg. Daar sal genoeg persone beskikbaar wees om in te weeg. Swaarste visse sal gemerk word en teruggeneem word na Brandvlei Kelder vir prysuitdeling.
- Dit is visvanger se eie besluit watter vis geweeg moet word en slegs geweegde rekord sal gebruik word vir die bepaling van ‘n wenner.
- Slegs visstokke sal gebruik word vir die kompetisie
- Elke deelnemer is verantwoordelik vir eie gesin insluitende kinders. Brandvlei Kelder en Quénets Jag en Hengel neem geen verantwoordelikheid vir die toesig van enige kinders gedurende hierdie kompetisie nie.
- ‘n Inskrywingsvorm en betaling moet geskied voor ‘n inskrywing as geldig beskou sal word.
- Betaling kan of in kontant (saam met inskrywingsvorm) by Brandvlei Kelder ontvangs / Quénets Jag en Hengel (Worcester) inbetaal word of elektronies oorgeplaas word en saam met bewys van inbetaling en inskrywing gefaks of ge-epos word na die volgende adresse

Faks: 023 340 4332
Epos: sales@bcwines.co.za
Bankbesonderhede:
Brandvlei Wynkelder
FNB Worcester
Rek nommer: 62595844228
Takkode: 200-407
Verwysing: VIS gevolg met deelnemer naam.

Name van deelnemers:
Aantal Grootmense:
Aantal Kinders o.13:
Naam van persoon wat betaal:
Metode van betaling: Kontant || Elektronies
Kontak Nommer:
Epos:
Vir meer inligting kontak gerus die kelder by 023 340 4215